Dr Arina Lanser

Opvoedkundige

Sielkundige

 

Leer, Ontwikkel, Groei!

Biografie

 

Kwalifikasies:

 

D.ED             (1990)

M.ED (Psig)  (1988)

B.ED (Psig)   (1986)

B.A ED          (1984)

 

 

Dr Arina Lanser het grootgeword in Nigel en gematrikuleer by Hoërskool John Vorster. Sy is getroud met Christo Anderson en het drie kinders, n dogter, seun en skoondogter.

 

Sy is sedert 1988 by die HPCSA geregistreer en praktiseer al vir amper 30 jaar. 

 

Sy het in 2003 as sielkundige vir die Idols-deelnemers gedien en het verskeie radio-onderhoude gevoer op stasies soos RSG, asook programme vir SABC 2 en SABC 3. Sy het onlangs verskyn op e-nuus in verband met haar ondervinding met boelies in die praktyk.

 

Sy skryf artikels vir Vrouekeur, Leef, Huisgenoot, Beeld, Baba en Kleuter en het onlangs 'n artikel in die plaaslike koerante gepubliseer. Sy is ook 'n gereelde spreker by skoolfunksies, ope dae en 'n verskeidenheid ander funksies.

 

Sy leen haar hand as beoordelaar by verskeie geleenthede.

 

Sy is genomineer as finalis vir die Wesrand-Sakevrou in 2007.

 

Sy is ook in 2008 as 'n onafhanklike sielkundige vir die Practica Programme aangestel.

 

Sy het in 2011 deel geword van die Child Well-span.

 

Sy het in die verlede 'n deeltydse posisie as dosent aan die Universiteit van Johannesburg gevul.

 

Sy werk deeltyds by Townsview Primary en Laerskool Helderkruin.

Boodskap van Dr Arina:

"Ek neem my werk en my praktyk baie ernstig op. Elke kind waarmee ek werk, word beskou as 'n unieke skepping in die proses om in sy / haar volle potensiaal te ontwikkel.

 

Ek is baie trots op my praktyk, wat oor die jare baie harde werk en toewyding geverg het. Ek hanteer persoonlik elke faset van my praktyk. Ek werk ook saam met verskeie laerskole en kleuterskole. Alhoewel my belangstellingsveld hoofsaaklik die assessering van kinders is, doen ek ook ouerbeleiding, kursusse, skryf artikels, lewer toesprake en doen gemeenskapsdiens op 'n gereelde basis.

 

Ek hoop dat ek daagliks 'n verskil kan maak in kinders se lewens en die lewens van hul ouers. Ek glo dat die hele ervaring van my praktyk so onvergeetlik, insiggewend en aangenaam as moontlik moet wees. "

 

Adres:

Kontak:

811 Augrabies Ave, Little Falls, Roodepoort, 1735

Praktyksnommer: 8614202

Reg. Health Professions Council of South-Africa 

Dr Arina Lanser

alanser@mweb.co.za

083 266 9575